Klipkoud Klipkoud

Klipkoud

Ware Suid-Afrikaanse verhale oor onopgeloste misdade

    • $14.99
    • $14.99

Publisher Description

'Elkeen van hierdie kartonhouers bevat die oorskot van 'n mens ... Ons pakplek het opgeraak,' verduidelik die professor, 'daarom het ons toe maar hierdie bokse begin gebruik.'

Nicole Engelbrecht is terug met 'n nuwe boek oor van die interessantste sake uit haar gewilde potgooi True Crime South Africa.

In Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy gevoer het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen bekendgemaak nie.

In 'n poging om 'n mate van afsluiting te bied aan die slagoffers se geliefdes, laat val Engelbrecht die soeklig op sowel ou as nuwe onopgeloste sake. Hierdie sake wissel van 'n onbekende vrou wie se oorskot onder 'n swembad ontdek is tot 'n jong man wat deur die gevangenisstelsel se krake geval het; van 'n sakereis wat dodelik ontaard het tot 'n meisie wat reg voor haar huis ontvoer is.

Engelbrecht neem die leser saam in haar deurtastende soeke na die waarheid.

GENRE
Non-Fiction
RELEASED
2026
16 February
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
240
Pages
PUBLISHER
Jonathan Ball
SELLER
Faber and Faber
SIZE
977
KB
Bare Bones Bare Bones
2025
Killer Stories Killer Stories
2024