Omnibus 2 Omnibus 2

Omnibus 2

    • $6.99
    • $6.99

Publisher Description

Omnibus 2 deur Jona Crous.

Hierdie bundel bevat drie boeke vat voorheen afsonderlik gepubliseer is:
Yolanda se Beurt - [ISBN 978-0-620-66984-9(epub) & ISBN 978-0-620-66985-6(mobi)]
Ilse - [ISBN 978-0-620-67361-7 (e-pub) & ISBN 978-0-620-67360-0 (mobi)]
Leoni word Groot - [ISBN 978-0-620-67448-5 (e-pub) & ISBN 978-0-620-67449-2 (mobi)]

Waaroor die boek gaan:

Yolanda se Beurt:
Wanneer Yolanda vir Marius Van der Sandt, die skrywer, ontmoet is dit liefde met die eerste oogopslag. Alle verloop reg en die verhouding groei vinnig.
Yolanda weet gou genoeg dat hy die man is wat sy wil hê.
Wanneer sy hom egter weens 'n misverstand verstoot, is hy weg en kan sy die wiel nie terug draai nie. Hoe lank moet sy wag? Sal hy haar vergewe? Sy het hom veroordeel en hom nooit 'n kans gegee om homself te verdedig nie. Is hy vir haar verlore?
Wanneer sy die nuus kry dat hy terugkom is sy uit haar nate, maar die noodlot probeer keer .....

Ilse:
Die verhaal van 'n ouer vrou wat liefde gevind het by 'n jonger man.
Ilse word summier by die nuwe hotel weens oneerlikheid ontslaan, maar haar nuwe baas, Ben Winterbach, gooi haar saak uit en bevorder haar tot direkteur, sonder dat sy hom ontmoet het, en dit slegs op die aanbeveling van haar kantoor hoof.
Ilse skaad die veel jonger Bart Winterbach se ego wanneer sy hom verkeerd opvryf. Hulle twee kom tot versoening en dit is liefde met die eerste oogopslag.
Wanneer haar nuwe baas by die werk voorgestel word, besef sy Bart en Ben Winterbach is dieselfde persoon. Hy het haar steeds aangestel, al het sy hom
verkeerd opgevryf. Hul liefde bloei en spoedig besef sy die jonger Bart is die een vir haar.
Wanneer hy haar in die arms van 'n man betrap, toe hy juis besig is om te beplan hoe om haar om haar hand te vra, en hoor sy vertel hom sy het hom lief, vat hy die pad. Hoe moes hy weet dit is haar stiefbroer wat sy vyf jaar laas gesien het?
Hoe gaan sy hom terug wen? Hoe gaan sy hom oortuig dit is net haar stiefbroer as hy weg is?

Leoni word groot:
As skooldogter bewonder Leoni du Plessis haar sportheld, die Springbok rugbyspeler, Altus Van Tonder, alias Blits Van Tonder. Sy is ook op sosiale media met hom bevriend.
Wanneer 'n motorongeluk sy bene eis moet hy ophou speel en sy verloofde, die model, los hom summier. Blits verdwyn van die samelewing en Altie die kreupel wrak verskyn. Leoni spoor hom op sosiale media en hulle bly vriende. Hy verwerp wat geneeshere sê en begin homself rehabiliteer.
Hy wyk na die platteland en word Leoni se buurman. Hy oefen bedags op Marius se grasvelde, omdat dit sagter is om op gras te val en makliker om teen die heinings op te staan, dit is natuurlik dat Marius hom na sy naweek braai sal nooi. Leoni maak die deur oop en is geskok om haar held by die deur te sien.
Sy raak lief vir Altie die mens. Sy gebrek pla haar nie, en hy onderrig haar in wiskunde. Leoni het hom aanvaar soos hy is, maar hy wil nie aanvaar wees nie, hy wil gekies wees. 'n Misverstand skei hulle van mekaar en dit breek Leoni se hart. Sy besef sy het te vêr gegaan en hom veroordeel sonder dat hy homself kon verdedig. Sy het 'n aanname gemaak en verkeerd geoordeel. Leoni begeer hom met haar hele hart, sy hoop so hulle kom weer bymekaar en dat hy haar sy vrou sal maak.

Hierdie bundel is 'n dik bundel van oor die 800 bladsye.
Dit is 'n interaktiewe eBoek.
Die leser kan met skakels kies of hy/sy die romantiese (skoon) weergawe wil lees en of hy/sy die erotiese (waarin seks beskryf word) wil lees.
Die keuse is die leser se verantwoordelikheid. Nie vir onder agtien jaar nie.

GENRE
Romance
RELEASED
2016
12 June
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
1,250
Pages
PUBLISHER
Johan Crous
SELLER
Draft2Digital, LLC
SIZE
1.3
MB

More Books by Johan Crous

Anton se Begeerte. Anton se Begeerte.
2015
Ilse Ilse
2015
Omnibus 5 Omnibus 5
2016
Omnibus 1 Omnibus 1
2015
Elmien Elmien
2017
Omnibus 4 Omnibus 4
2016