Hagar Hagar

Hagar

    • R$ 12,90
    • R$ 12,90

Descrição da editora

Die storie van Hagar is eintlik maar ons almal se storie. Elkeen van ons het ‘n Hagar, ‘n Abraham, ‘n Sara iewers in ons. Afhangende van hoe ons daarna kyk, kan dit my of jou storie wees hierdie.
Dalk wonder jy oor Hagar...waarom sou jy haar storie wou lees? Doodgewone storie wat ons almal van ons dae in die Sondagskool gehoor het, nie waar nie? Wat is so besonders aan haar? Ek gee vir jou ‘n klein loertjie in haar lewe, dan besluit jy maar self verder.
Hagar is diep in die veld besig om haarself voor te berei vir haar kind, Ismael, se geboorte. Sy het laasnag begin pyne kry en sy weet die tyd het aangebreek. Al wat sy by haar het, is ‘n kleipotjie olie, gemeng met die sap van papirus, sagte lappe om haar baba in toe te draai, ‘n tou en skerp klip vir die naelstring, en ‘n kan water om haarself en die baba mee te was agterna. Wanneer sy klaar is, kan die kan sommer daar bly lê. Sy sal dit op ‘n ander dag kom haal of iemand stuur daarvoor.
Sy is baie rustig oor die geboorte, want sy twyfel nie daaraan dat die godin, Hator, vandag saam met haar is nie. Sy was nog altyd teenwoordig by alle geboortes in Egipte, daarom sal sy vandag ook hier wees. Sy sal Hagar help, en as sy nie alles kan doen nie, is daar nog altyd Amun ook. Wanneer geboortepyne ondraaglik word, kom Amun en blaas ‘n koel windjie oor die moeder en dit verlig die pyn onmiddellik. Ja, sy is gereed vir alles wat kan kom vandag.
Op en af stap sy en sê haar Egiptiese mantra wat haar help om te fokus op die natuur se skoonheid en nie op die pyn wat deur haar liggaam sny nie. Op en af, op en af, terwyl sy die woorde oor en oor herhaal.

GÊNERO
Ficção e literatura
LANÇADO
2018
11 de julho
IDIOMA
AF
Africânder
PÁGINAS
331
EDITORA
Malherbe Uitgewers
VENDEDOR
Draft2Digital, LLC
TAMANHO
276,5
KB