Tamatiestraat Tamatiestraat

Tamatiestraat

Descrição da editora

Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met haar nuwe man op ’n vliegtuig na Europa. Niemand het ’n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel intrek en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria huisves verskeie vreemde karakters, sommiges met verskuilde agendas - en soos enige kind weet, hou hoërskool al reeds genoeg uitdagings in.
Asof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom ’n pakkie by die woonstel af te gee.
As jy jonk is van gees sal jy die emosionele mallemeule saam met Lelanie geniet.
Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was ’n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010.
Henning Janse van Vuuren het die manuskrip afgestof, opgekikker en die eindproduk belowe heerlike leesstof aan tieners ouer as dertien.

GÊNERO
Juvenil
LANÇADO
2012
13 de dezembro
IDIOMA
AF
Africânder
PÁGINAS
139
EDITORA
Henning Janse van Vuuren
VENDEDOR
Draft2Digital, LLC
TAMANHO
166,1
KB

Mais livros de Henning Janse van Vuuren

Katarsis Katarsis
2016
Friksie Friksie
2014