Arendsvlerke vir Siebert Arendsvlerke vir Siebert

Arendsvlerke vir Siebert

    • $16.99
    • $16.99

Publisher Description

Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.

Verder as dit kom Katinka nie. Ná amper vier maande weet sy steeds nie wat om verder te bid nie.

Dis lente in Somerset-Wes en oral om haar getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar Katinka se man, haar groot, sterk man is dood. Dit was Barend se droom om ’n huis te bou hoog teen die berg sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou’s hy weg. Hoe bereken ’n mens so ’n verlies?

Wanneer haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur- dring, is sy verslae en geskok. Hoe is dit moontlik dat sy nie weet wat in haar kind se lewe aangaan nie? Siebert se oë het altyd geblink, hy’t maklik gelag ... en nou herken sy skaars die nors skepsel op die bed.

Waar begin sy? Wat doen ’n mens?

Dis eers wanneer vrees die oorhand kry, wat sy haar wend na die Here. En hierdie keer is daar woorde.

Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

GENRE
Fiction & Literature
RELEASED
2021
April 6
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
248
Pages
PUBLISHER
LAPA Publishers
SELLER
Gardners Books Ltd
SIZE
688.6
KB
An Irresistible Temptation An Irresistible Temptation
2019
An Impossible Attraction An Impossible Attraction
2019
A Match Made in Montana A Match Made in Montana
2023
The Ultimate Surrender The Ultimate Surrender
2019
A Family With the Cowboy A Family With the Cowboy
2025
The Rancher’s Christmas Bride The Rancher’s Christmas Bride
2025