Bianca Bianca

Bianca

    • $6.99
    • $6.99

Publisher Description

Hein Berg, 'n stafverpleër se nooi, suster Bianca Fourie, van dieselfde hospitaal, gee hom die trekpas toe hy nie haar verjaarsdag bywoon nie. Sy wou ook lankal met hom praat oor hy ambisieloos is en nie verder leer nie.
Twee weke later besef sy hy het bedank by die hospitaal en sy voel sy was oorhaastig. Sy vind uit sy moeder het siek geword op haar verjaarsdag en sy is die volgende dag dood. Sy kan hom nêrens opspoor nie. Sy ontdek sy is swanger met sy dogter.

Twintig jaar later kry haar dogter werk by die berugte dokter Berg. Sy bynaam is Ysberg, want hy meng met geen vrou nie en is geheel en al emosieloos, maar die knapste dokter wat die Medikliniek ooit gehad het.
Anne-Marie is die enigste vrou wat ooit tot hom deurdring en hulle word gereeld saam gesien. Hy vertel haar wat met hom gebeur het en dat hy nooit weer 'n vrou kan liefhê nie. Hy erken hy het sy jeugliefde steeds lief. Sy vertel hom dat sy haar pa wil opspoor. Hy gee haar raad.
Op 'n dag skakel sy hom opgewonde dat sy weet wie haar pa is. Sy is in 'n motorongeluk en dokter Berg moet die operasie doen. Bianca het hom nog nie ontmoet nie. Wanneer Anne-Marie bykom is daar 'n man by haar. Sy kan sien dit is 'n dokter en Anne-Marie noem hom pa.
Sy besef met 'n skok dit is haar jeugliefde Hein, en dat sy hom steeds liefhet. Hy is egter yskoud teenoor haar. Presies soos sy bynaam Ysberg aandui. Anne-Marie neem haar ma kwalik oor haar stilswye.
Hoe gaan Bianca deur die muur rondom sy hart breek? Sy sal alles opoffer as sy haar woorde van destyds ongedaan kon maak. Hulle deel 'n dogter en moet mekaar sien.

Oorspronklik gepubliseer as 978-0-7961-4711-0 (sagteband).

GENRE
Romance
RELEASED
2024
April 21
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
135
Pages
PUBLISHER
Johan Crous
SELLER
Draft2Digital, LLC
SIZE
1.3
MB

More Books by Johan Crous

Andries kom tot rus Andries kom tot rus
2016
Ilse Ilse
2015
Anton se Begeerte. Anton se Begeerte.
2015
Nicky Nicky
2024
Farao se Seun Farao se Seun
2021
Lekkerlees 2 Lekkerlees 2
2021