• $5.99

Publisher Description

Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie.

Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees.

Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie.

Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind.

Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het.

Inhoudsopgawe

Inleiding

Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie
Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik?



Minder Is Meer Vir Knaagdiere. Is Dit Dieselfde Vir Mense?

Indikasies En Kontraïndikasies Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
Mediese Toetse Vir Monitering Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding



Hoe Kies U Kwaliteit Kosse?

Waar Om Kwaliteit Kosse Te Soek
Wanneer Uiterlike U Kan Flous



Watter Kos Keuses Verskaf Die Meeste Nutriënte Vir Die Minste Hoeveelheid Kalorieë?

Drankies
Die Smoothie Formule
Die Vreugdes Van Groente
Die Basiese Sop
Die Wonders Van Viseiers
Hoe Om Vis Te Bedien
Sushi – Die Perfekte Oseaan Kos
Eetbare Sampioene
Patees, Doopsouse En Smere
Dierlike Produkte En Afval
‘n Klein Gids Tot Kulinêre Kruie En Speserye
Die Gerief Van Kruie Tee
Nageregte
Rou Veganiese Koek
Uiteet Met Kalorie Beperking



Hoe Om Kwaliteit Bestanddele In Ongelooflike Disse Te Verander

Waar Kan U Voedsame Lae Kalorie Resepte Soek?
Kookgerei Of Gereedskap Van Die Kuns



Kalorie Beperking Oor Die Langtermyn

Die Oppe En Affe Van Vasting
Hoe Om Kalorie Beperking Te Implementeer As ‘n Voltydse Professioneel
Die Praktiese Kruideniersware Lys



Hoe Om Dieet Supplemente Te Kies

Is Daar Alternatiewe Vir Kalorie Beperking?

Die Einde

Erkennings

Bibliografie

GENRE
Health, Mind & Body
RELEASED
2019
January 16
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
117
Pages
PUBLISHER
Babelcube Inc.
SELLER
Draft2Digital, LLC
SIZE
2.7
MB

More Books by Anca Ioviţă