Ek droom van 'n droom Ek droom van 'n droom

Ek droom van 'n droom

Één keer in jou lewe behoort jy ’n ware verhaal soos hierdie een te lees

    • $10.99
    • $10.99

Publisher Description

’n Gewone tiener droom van kêrels, mode en ’n suksesvolle loopbaan. As jy Elsje is, suster van Olimpiese gouemedalje-wenner Ryk Neethling en swem-kampioen en ontwerper Jean-Marié Neethling, droom jy van swem vir die S.A.’s en Olimpiese medaljes. Jy droom nié van ’n kanker-groeisel wat sy tentakels so diep in jou brein ingeslaan het dat die neuroloog kopskuddend sê daar is nie hoop nie ... 

     Elsje Neethling Blair is op 13 gediagnoseer met ’n doodmaak-kanker. In EK DROOM VAN ’N DROOM vertel Elsje saam met Maretha Maartens van haar 20 jaar lange saamleef hiermee en haar weiering om toe te laat dat kanker haar ontneem van haar jongmeisiedrome. Dit vertel van opdraandes, maar ook hoop, van terugslae ... en nuwe drome. 

     Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Marié en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook húlle stryd geword het. Daar is ook agt bladsye met volkleurfoto’s uit Elsje se persoonlike album.

     EK DROOM VAN ’N DROOM is ’n eg-menslike verhaal, want Elsje ken die seer en die onsekerheid, maar ook die geloof en die blyke van God se genade wat ’n lewe saam met kanker kenmerk. Sy glo onwrikbaar: Vir God is niks onmoontlik nie. 

GENRE
Religion & Spirituality
RELEASED
2012
September 5
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
268
Pages
PUBLISHER
Christelike Uitgewersmaatskappy
SELLER
The Halo Group Pty Ltd
SIZE
7.9
MB
Toe ons in Ghrieshuis was Toe ons in Ghrieshuis was
2022
Klankgrens Klankgrens
2022
Bethel se berg Bethel se berg
2020
Way Better Than Popcorn Way Better Than Popcorn
2013
Liglopers Liglopers
2012