Die breinchirurg se dieët Die breinchirurg se dieët

Die breinchirurg se dieët

Span jou brein in om gewig te verloor en gesond te leef

    • 4,99 €
    • 4,99 €

Publisher Description

In ’n mark wat oorspoel is met kitsoplossings vir gewigsverlies en

idees vir ’n gesonde leefstyl, bring dr. Adriaan Liebenberg,

internasionaal gerekende breinchrirurg, ’n maklike, veilige en

gesonde alternatief: span jou brein in en skud daardie ekstra ponde

permanent af.

Nadat hy sy lewe lank vet – en ongelukkig – was, het dr. Liebenberg

sy professionele kennis gebruik om uit te werk watter kossoorte sy

breinchemie so sou aanpas dat dit sy metabolisme sal versnel en sy

houding teenoor kos verander. Dit het gewerk. Hy het 70 kg verloor

en handhaaf sy nuwe gewig al vir byna drie jaar lank.

Die breinchirurg se dieet vertel dr. Liebenberg se inspirerende verhaal

in eenvoudige, reguit taal. Dié gids wys hoe ons ons breinkrag kan

gebruik om ons eetgewoontes aan te pas op ’n natuurlike manier. Dit

bemagtig mens met kennis oor kossoorte wat jou maer en gesond

hou, en sit stap-vir-stap uiteen hoe jy beheer oor jou welstand kan

neem sonder om staat te maak op modediëte of eetlusdempers.

Dié sakpasboekie verskaf volledige inligting oor die energiewaardes

van kossoorte en bevat heerlike maaltydplanne wat help met

gewigsverlies sonder lyding en skuldgevoelens.

GENRE
Health & Well-Being
RELEASED
2015
28 January
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
144
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SIZE
3.5
MB

More Books by Dr. Adriaan Liebenberg