Binnerym van bloed Binnerym van bloed

Description de l’éditeur

Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter. In Binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verreikende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oudword bloot te lê. Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen. Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

GENRE
Romans et littérature
SORTIE
2025
27 mai
LANGUE
AF
Afrikaans
LONGUEUR
248
Pages
ÉDITIONS
Penguin Random House South Africa
DÉTAILS DU FOURNISSEUR
Random House Struik Pty Ltd
TAILLE
192,7
Mo
Country Of My Skull Country Of My Skull
2010
La douleur des mots La douleur des mots
2018
Hoe alles hier verandert Hoe alles hier verandert
2018
Binnenrijm van bloed Binnenrijm van bloed
2025
The Interpreters: South Africa's New Nonfiction The Interpreters: South Africa's New Nonfiction
2025
Lady Anne Lady Anne
2017