Die Proefskrif Die Proefskrif

Die Proefskrif

    • £2.49
    • £2.49

Publisher Description

Professor Hendrik Delport is besig met sy doktorale studie na die oorsprong van die antiekte beskawing wat hulle opwagting aan die suidpunt van Afrika gemaak het millenniums voordat die eerste Negroïdes of swart rasse die ewenaar suidwaarts oorgesteek het. Hiermee wil hy bewys dat die Kleurlinge, nasate van die Khoikhoi (nie die San nie), ’n genealogiese verlede het, dat hulle ook ’n volk is wat ’n trotse herkoms het. Dog hy het letterlik vasgeval in die waaisand van Klein Asië en Noord Afrika, want heilige en onheilige winde het eeue gelede reeds die spore uitgewis.
Na die dood van sy vrou het Hendrik sy pos by die universiteit opgeskop, as gevolg van ‘regstellende-agteruitgang-aksie’ soos hy dit gestel het, sy huis op Stellenbosch verkoop en na Bettiebaai getrek, want, ‘met die Internet kan jy vandag enige plek op aarde navorsing doen.’ Liesbet Fortuin wat haar lewe lank vir hulle huisgehou het, het saam met hom gekom. Maar daar is mense in die klein gemeenskap wat nie gelukkig is dat so ’n gesiene man en ’n vrou van kleur saam in een huis woon nie.
Die Nasionale Sentrum vir Omgewings-Inligting tesame met die Britse Geologiese Opname-Sentrum doen elke vyf jaar ’n opname van die magnetiese noordpool want dit word gebruik vir die vasstelling van alle globale plekbepaling-stelsels. Op 10 Desember 2019 het die sentrums ’n berig vrygestel dat die magnetiese noordpool die laaste twintig jaar 1,100 kilometer weg van Kanada en nader aan Siberië beweeg het, en dat dit die nulmeridiaan in September 2019 oorgesteek het. Terselfdertyd is die magnetiese suidpool nou byna 2,500 kilometers vanaf die nulmeridiaan suidpool en is lank nie meer op Antarktika nie. Beteken dit dat die aardbol dalk besig is om the kantel? Hoe raak dit Hendrik se navorsing? Ook vir my en jou?
Hendrik en sy getroue hond Wessel, vernoem na sy oudste seun wat in Angola gesterf het, gaan stap elke dag op die kilometers-lange Bettiebaaistrand. Op ’n koue en winderige dag loop Hendrik ’n beeldskone jong dame op die strand raak. Hy noem haar sy porselein-poppie. Sy is sku en dit neem hom ’n paar dae om ’n gesprek met haar aan te knoop. Wat hom egter dronkslaan, sy is die enigste persoon wat hy op die strand teëkom vir wie Wessel nie met ’n nat neus en waaiende stert groet nie. Wat Hendrik verder verstom is dat sy kennis dra van sy navorsing deurdat sy hom kort-kort iets vertel wat hom help met sy studies (o.a. die Keltiese mitologiese land van Lyonesse; ook die antieke bewoners van Antarktika voordat ’n pakys kombers die vyfde grootste kontinent totaal toegetrek het). Dog elke keer as hy haar ’n vraag vra gee sy vinnig pad. Hy kan ook nie vasstel waar sy bly nie.
Een Saterdagaand nooi hy sy porselein-poppie om oor te kom en saam met hom en Liesbet en haar vriend Quinton Lentoor te braai. Maar as daar Maandag ’n foto van haar in die Burger verskyn met ’n berig dat dié student Saterdagnag in Kaapstad vermoor was is hy, Liesbet en Quinton totaal verslae. Was sy porselein-poppie dalk een van ’n identiese tweeling? Hendrik ry Kaap toe en gaan klop aan by die speurder wat die moord ondersoek. Daar is egter geen suster nie en dié beskuldig hom dat hy probeer om vir sy jongste en vervreemde seun Adri ’n alibi te skep, want sy het blykbaar dié aand saam met Adri na ’n studente-partytjie gegaan.

GENRE
Crime & Thrillers
RELEASED
2020
26 January
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
263
Pages
PUBLISHER
Frederic Roux
SIZE
251.1
KB

More Books by Frédéric Roux

Evert Tredoux Evert Tredoux
2020
'n Dag Sonder Gister 'n Dag Sonder Gister
2020
Escape Dark Web Victims Escape Dark Web Victims
2020
Eye In The Sky Hijacked Eye In The Sky Hijacked
2019
Rainbow to Valhalla Rainbow to Valhalla
2019
Human Traffickers Dark Web Auction Human Traffickers Dark Web Auction
2019