Grensgeval Grensgeval

Grensgeval

    • £7.99
    • £7.99

Publisher Description

<p>Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en ’n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa self was dit ’n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by die see.
Theresa besef gou die brief is deur ’n Kubaanse soldaat aan sy kind geskryf – iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde.
In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand” gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.</p>

GENRE
Fiction & Literature
RELEASED
2019
1 November
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
296
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SIZE
1.7
MB
You Lost Me You Lost Me
2017
Al wat ek weet Al wat ek weet
2016
A Fountain in France A Fountain in France
2015
All I know All I know
2019
Retoer: Pretoria - Provance Retoer: Pretoria - Provance
2018
Jy sê, ek sê, ons sê Jy sê, ek sê, ons sê
2021