Hoerkind Hoerkind

Hoerkind

Die memoires van ‘n randeier

    • £8.99
    • £8.99

Publisher Description

Die joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds ʼn hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is ʼn skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir ʼn jaar kinderhuis toe.

Om soos ʼn weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ʼn pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg.

Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met ʼn mes gesteek. Hy verloor byna sy been ná ʼn motorongeluk tydens ʼn besoek aan die oudrugbyspeler Mannetjies Roux se plaas.

Later vind hy ’n veilige hawe wanneer sy pad met dié van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die wêreld reis. Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning.

GENRE
Young Adult
RELEASED
2022
1 July
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
248
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SIZE
785.2
KB

More Books by Herman Lategan

Son of a Whore Son of a Whore
2023
Binnekring van Spookasems Binnekring van Spookasems
2014
Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse
2018