Lang pad na vergifnis Lang pad na vergifnis

Lang pad na vergifnis

    • £3.49
    • £3.49

Publisher Description

Sal Lisa en Jaques die lang pad na vergifnis kan stap en Jaques sy seun uiteindelik ontmoet?
Lees hierdie aangrypende verhaal van tienerliefde en die pad na vergifnis.

Lisa sug gefrustreerd. Die verkeer in Voortrekker weg is iets vreesliks die tyd van die oggend. Sy het Jacques by haar ma gaan aflaai. Hy bly by haar in die vakansies. Sy was juis effens laat vanoggend en toe raak sy en haar ma aan die gesels. Nou is sy heeltemal laat en boonop sit sy in ‘n hengse verkeersknoop vas. Sy haal diep asem en blaas dit stadig uit. Wat help dit sy jaag haarself op hol. Sy gaan nog steeds laat wees. Sy ontspan effens en draai die radio ‘n bietjie harder. Die verkeer skuif-skuif vorentoe. ‘n Liedjie speel op die radio. Dit ook nog, sug sy. Haar gedagtes dwaal terug, meer as tien jaar terug.
Sy was sewentien jaar oud en op hoërskool. Die hoofseun, Jacques Combrink, was bekend onder die meisies. Sy het hom altyd van ver af bewonder. Hy het nog altyd haar hart vinniger laat klop en haar lighoofdig laat voel. Jacques het altyd net die mooiste meisies uitgekies.....

GENRE
Romance
RELEASED
2017
6 October
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
114
Pages
PUBLISHER
Malherbe Uitgewers
SIZE
233.3
KB