Spore in die Dou Spore in die Dou
Book 4 - Woeste Laeveld Reeks

Spore in die Dou

Braam le Roux and Others
    • £6.99
    • £6.99

Publisher Description

SPORE IN DIE DOU - WOESTE LAEVELD REEKS 

Die bloedigste moord wat mens jou kan voorstel, vind op ’n helder maanlig nag in die hartjie van die Woeste Laeveld plaas, maar dit is nie ’n mens of mense wat vermoor word nie, dog onskuldige, redelose diere. Hulle word met woeste wreedheid na hulle dood gejaag, voortgedryf totdat hulle benoud bulkende oor ’n duiselingwekkende krans afstort, om onder ’n bloedpappery vir die aasvoëls te word.

Maar ’n geheimsinnige man, onbekend aan die wreedaards, is reeds op hulle spoor. Hy is ’n “spesiale agent” van die regering, wat gestuur is om ondersoek in te stel na reusagtige bedrog by ondernemings daar in die goudryke Laeveld, deur skurke se streke, wat die goeie naam van die Suid-Afrikaanse Republiek deur die modder sleep.

’n Man met ’n rewolwer aan sy sy, wat hy so vinnig soos ’n bytende mamba kan hanteer, bly meedoënloos op die skurke se spoor. Eers loop hy hom vas teen ’n rooihaar nooi wat haar erg parmantig en vyandig hou, maar wanneer sy lewe in gevaar is, help en versteek sy hom in haar eie plaashuis. En dan eers besef sy dat al haar agterdog teen hierdie man, op wie sy al heimlik verlief geraak het, ongegrond is. Hulle twee ruk toe saam op na ’n laaste, bloedige botsing met die onmenslike wreedaards.

GENRE
Sci-Fi & Fantasy
RELEASED
2021
4 November
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
213
Pages
PUBLISHER
Pieter Haasbroek
SIZE
2.5
MB

More Books by Braam le Roux, Dewald Brink & Pieter Haasbroek

Ruiters van die Dood Ruiters van die Dood
2022
Hoefslae teen Middernag Hoefslae teen Middernag
2022
Die Mensvreters van Tsawo Die Mensvreters van Tsawo
2021
Gemaskerde Moordenaars Gemaskerde Moordenaars
2021
Die Poort van Trane Die Poort van Trane
2021
Geen Vergiffenis Geen Vergiffenis
2021

Other Books in This Series

Beminde Verraaier Beminde Verraaier
2021
Geen Vergiffenis Geen Vergiffenis
2021
Vlam van die Laeveld Vlam van die Laeveld
2021
Die Poort van Trane Die Poort van Trane
2021
Vonnis van die Berge Vonnis van die Berge
2021