Aankoms en vertrek Aankoms en vertrek

Aankoms en vertrek

    • €8.99
    • €8.99

Publisher Description

Bailey Kellerman het Suid-Afrika finaal verlaat toe Adam, haar jeugliefde,

nie tot trou kon kom nie. In London hierna was daar ’n huwelik met ’n

Fransman, maar ook hý het haar in die steek gelaat.

Wanneer ’n tragedie in Johannesburg die lewens van Bailey se ouers

eis, dring haar broer aan dat sy huis toe kom. Hy is woedend omdat sy nie

hul ouers se begrafnis bygewoon het nie – sonder om te weet wat haar rede

was.

Maande ná die begrafnis is Bailey eindelik terug in Suid-Afrika op

soek na antwoorde rakende haar ouers se dood – antwoorde moontlik

opgesluit in haar pa se kluis waarvan die sleutel skoonveld is. Om sake te

vererger, gooi Adam se herverskyning haar lewe nog meer omver.

In Aankoms en vertrek blaas bobaasstorieverteller Pat Stamatélos met

haar gebruiklike humor en ligte aanslag asem in ’n handvol karakters wie

se lewens deur omstandighede op die spits gedryf word.

GENRE
Fiction & Literature
RELEASED
2018
1 September
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
224
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SIZE
895.8
KB

More Books by Pat Stamatélos