Outopsietafel Outopsietafel

Outopsietafel

Stories van 'n Forensiese Patoloog in Afrika

    • €7.99
    • €7.99

Publisher Description

As 'n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan

Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die

arrestasie van 'n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot

doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.

In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as 'n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer,

sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.

Blumenthal bied 'n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs 'n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens 'n ondersoek gebruik. Hy deel ook 'n paar geheime, soos hoe om vas te stel of 'n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het.

Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.

GENRE
Non-Fiction
RELEASED
2025
10 March
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
224
Pages
PUBLISHER
Jonathan Ball
PROVIDER INFO
Faber and Faber
SIZE
1.6
MB
Autopsy Autopsy
2020
Risking Life for Death Risking Life for Death
2023
The Rain Beetle The Rain Beetle
2013
The Butterfly The Butterfly
2017