'n Stille Avontuur- 'n avontuur van genade en geloof 'n Stille Avontuur- 'n avontuur van genade en geloof

'n Stille Avontuur- 'n avontuur van genade en geloof

Descrizione dell’editore

At some point difficulty comes along everyone's path in various forms. It is, however, WHO we have on our side and WHAT we do about it that will eventually determine the effect the traumatic experiences will have in our lives -will they make us bitter or better?

Willem Nel deel 'n ingrypende ware verhaal. As jy die woord AVONTUUR hoor, gaan daar gewoonlik ´n verskeidenheid van dinge deur jou kop. Vir ons gewone mense beteken avontuur dalk om aan ´n groot sportwedstryd deel te neem of selfs net om dit te ondersteun. Vir ander is dit dalk ´n lang vakansie, ´n partytjie of moontlik sommer net ´n dag van pret saam met vriende. Dan is daar natuurlik ook die adrenalienvrate, wat dink dat dit avontuurlik is om kranse kaalvuis sonder enige ankertoue aan te durf of dié wat nie skrik vir koue en dun lug nie en wat die berg Everest sal uitklim.
Maak nie saak wat avontuur werklik vir jou beteken nie, dit gaan gewoonlik gepaard met lag, met pret, soms met trane en soms ook met oomblikke van vrees en bang wees. Dit is juis al dié verskillende emosies wat met avontuur gepaard gaan wat dit anders as ons daaglikse roetinetake maak – dit is wat dit ´n AVONTUUR maak. Jy weet gewoonlik vooraf van die avontuur wat voorlê aangesien jy dit self beplan het of uitgenooi is om daaraan deel te hê. Jy kan dus voorberei vir dit wat op jou wag - jy kan oefen as dit nodig is of jy kan die regte toerusting en klere bymekaar kry as dít nodig is. Niemand gaan onvoorbereid in ´n avontuur in nie!
Daar het ook ´n avontuur oor my pad gekom, dit was egter net ´n avontuur met ´n verskil. Dit was skielik en onverwags, ek is nie gewaarsku dat dit na my kant gaan kom nie, ek het dit nie beplan nie en ek was ook nie uitgenooi daarheen nie. Ek was dus glad nie voorbereid daarop nie en ek besef nou dat indien ek wel gewaarsku was, ek tog nie daarvoor sou kon voorberei nie. Dit was die begin van my STILLE AVONTUUR...
My avontuur het op 22 Maart 2009 begin, maar wag dat ek liewer begin by die begin. Ek is die senior pastoor van die His People gemeente in Potchefstroom, Suid-Afrika.

GENERE
Salute, mente e corpo
PUBBLICATO
2012
15 ottobre
LINGUA
AF
Afrikaans
PAGINE
188
EDITORE
Willem Nel
DIMENSIONE
1,4
MB

Altri libri di Willem Nel

Moving a Church from Good to Great Moving a Church from Good to Great
2012
A Silent Adventure: an Adventure of Grace and Faith A Silent Adventure: an Adventure of Grace and Faith
2011