Klein Konings Klein Konings

Klein Konings

    • ¥2,400
    • ¥2,400

発行者による作品情報

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na 'n vergadering genaamd "Removal of Monuments" ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word. Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met 'n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag 'n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is 'n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik geleë nie: Hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie. Die Rwandese kunstenaar uit Nederland wat hy, toe hy haar vir die eerste keer 'n snoekerstok sien vashou, geweet het kán naai. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na 'n geskiedenis waarvan sommige eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.

ジャンル
小説/文学
発売日
2025年
12月3日
言語
AF
アフリカーンス語
ページ数
287
ページ
発行者
Aristata Books
販売元
Draft2Digital, LLC
サイズ
256.5
KB
MOER MOER
2025年
Nerens Noordkaap SKOOLUIGAWE Nerens Noordkaap SKOOLUIGAWE
2025年
Nerens Noordkaap Nerens Noordkaap
2025年
Dan sien ons mekaar Dan sien ons mekaar
2025年
Twee vir 'n stuiwer Twee vir 'n stuiwer
2025年
Zeus van Wyngaardt en die Godin van Deemoed Zeus van Wyngaardt en die Godin van Deemoed
2025年