'N KURSUS IN WONDERS
-
- $119.00
-
- $119.00
Descripción editorial
"'n Kursus in Wonders" is die vertaalde weergawe van A Course in Miracles, . Dit is een van die 27 vertaalde weergawes van A Course in Miracles wat die eerste keer in 1976 gepubliseer is deur die Foundation for Inner Peace in die VSA. Die Kursus is ontvang en ‘neergeskryf’ deur twee persone, drs. Helen Schucman en Bill Thetford, wat ‘n kompeterende en dikwels vyandige verhouding gehad het in die mediese fakulteit te Columbia NY waar hulle as mediese sielkundiges gewerk het. Dit het as antwoord gekom vir ‘n opregte en innige wens deur Bill aan Helen dat daar ‘n ander manier moet wees’ vir hulle problematiese verhouding. A Course in Miracles word nou alom gebruik deur studente in derduisende studiegroepe dwarsoor die wêreld. "'n Kursus in Wonders" is 'n unieke spirituele selfstudieprogram - 'n kursus om jou geestesdenke (mind) te verander en te skool. Dit is ontwerp om die illusie ongedaan te maak dat jy op enige manier van God of jou medemens geskei kan wees. Op die vlak van ons geestesdenke is ons almal een en dieselfde. Wanneer ons leer om hierdie waarheid konsekwent toe te pas, maak vrees, woede en skuldgevoelens plek vir 'n diepgaande gevoel van innerlike vrede. Die Kursus lei jou sistematies om God se Liefde in al jou verhoudings te ervaar deur die beoefening van vergifnis (vry te wees van oordele), die bereidwilligheid om hoër leiding te ontvang en te volg, en die kweek van wondergesindhede. Geluk, vrede, vreugde en liefde is die natuurlike resultaat van die Kursus se onderrig. "'n Kursus in Wonders" bestaan uit drie afsonderlike volumes: "Teks", "Werkboek vir Studente" en "Handleiding vir Onderwysers". Die "Teks" bied die teorie van die Kursus aan, sit die sentrale idees daarvan uiteen en doen dit op 'n holistiese en simfoniese wyse. Die "Werkboek vir Studente" bied 365 lesse aan, een vir elke dag van die jaar. Dit inisieer die proses om die student se denke en persepsie te verander. Die "Handleiding vir Onderwysers" is in 'n vraag-en-antwoord-vorm geskryf om baie van die belangrikste en mees praktiese Kursusonderwerpe aan te spreek. Ook ingesluit in hierdie gekombineerde uitgawe is twee waardevolle Aanvullings tot die Kursus: "Psigoterapie: Doel, Proses en Praktyk" en die pragtige en inspirerende "Lied van Gebed".