Die Buiter Die Buiter
    • € 8,99

Beschrijving uitgever

DIE BUITER - DIE BUITER REEKS

Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat ’n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as ’n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status.

In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy ’n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van ’n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg ’n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes.

Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik.

In hierdie eerste Buiter verhaal reeks, word ’n onskuldige man helder oordag uit die hof op Stellenbosch ontvoer deur die Buiter. Die gebeurtenis vind plaas nie lank nadat die graaf Paul de Moreaux in die Kaap opdaag nie. Vir Willa Rossouw wat ook ʼn onderonsie beleef met die Buiter is dit ’n uitgemaakte saak. Die Buiter is ’n man wat geen gewete of goeie hoedanighede het nie. En tog moet sy telkens agterkom dat sy die volle waarheid nie ken nie en dat die drama wat ontplooi word, veel ingewikkelder en veel gevaarliker is as wat enige iemand besef.

GENRE
Sciencefiction en fantasy
UITGEGEVEN
2021
4 november
TAAL
AF
Afrikaans
LENGTE
216
Pagina's
UITGEVER
Pieter Haasbroek
GROOTTE
1,6
MB

Meer boeken van Gerrie Radlof & Pieter Haasbroek

Bait for the Masked Robber Bait for the Masked Robber
2024
The Masked Robber and his Gang The Masked Robber and his Gang
2024
Long Live The Masked Robber Long Live The Masked Robber
2023
The Masked Robber The Masked Robber
2023
Die Buiter Seëvier Die Buiter Seëvier
2021
Die Buiter Hou Wag Die Buiter Hou Wag
2021

Andere boeken in deze serie

Lank Lewe die Buiter Lank Lewe die Buiter
2021
Die Buiter en sy Bende Die Buiter en sy Bende
2021
Lokval vir die Buiter Lokval vir die Buiter
2021
Die Buiter Ry Snags Die Buiter Ry Snags
2021
Die Buiter se Geheim Die Buiter se Geheim
2021
Boodskap vir die Buiter Boodskap vir die Buiter
2021