Die Lewe vir Beginners Die Lewe vir Beginners

Die Lewe vir Beginners

    • € 12,99
    • € 12,99

Beschrijving uitgever

’n Storie van begin, weer begin en óórbegin ... Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, ’n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, ’n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help. Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat ’n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op ’n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel. Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder ’n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om ’n restaurantkoninkryk te vestig? Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.

GENRE
Romantische fictie
UITGEGEVEN
2019
24 juni
TAAL
AF
Afrikaans
LENGTE
304
Pagina's
UITGEVER
LAPA Publishers
PROVIDER INFO
Gardners Books Ltd
GROOTTE
1,8
MB
Kakie, stewels en liefde & Lili Marleen Kakie, stewels en liefde & Lili Marleen
2018
Vir ’n oogwink & Twee boksies tjoklits Vir ’n oogwink & Twee boksies tjoklits
2017
Kersie bo-op & Nuwejaar Kersie bo-op & Nuwejaar
2017
Viva la vida Viva la vida
2016
Stiletto’s van staal Stiletto’s van staal
2014
Als oor kop Als oor kop
2014