Nova Omnibus 2 Nova Omnibus 2

Nova Omnibus 2

    • € 9,99
    • € 9,99

Beschrijving uitgever

Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie.

Daar is geheime op Nova – gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel. Besoekers uit die buitenste ruimte. Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens – en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende het baie dinge deurgemaak en uitgevind. Maar daar is nog steeds vrae – en die Eindspel is nog op pad.

Die laaste twee titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar:

Sterreloper.
Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is - hulle was die suksesverhale ...
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou?

Eindspel.
Lucas Niemand keer terug na Nova. Maar dan kom die skok: Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie – vasgevang in ’n nagmerrieagtige donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie.
Die Eindspel het reeds begin - besef Lucas.
Maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly? Watter geheim dra Troy in hom? Waar kom die drie nuwe alien-tieners vandaan en wat wil hulle van Lucas hê? Hoekom vind Lucas nou eers van die Slaper uit – iemand wat nie is wie hy voorgee om te wees nie? Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef ...?

GENRE
Young adult
UITGEGEVEN
2019
1 februari
TAAL
AF
Afrikaans
LENGTE
344
Pagina's
UITGEVER
LAPA Publishers
PROVIDER INFO
Gardners Books Ltd
GROOTTE
1,9
MB
Wêreld van Wolwe: #3 Derde mag Wêreld van Wolwe: #3 Derde mag
2022
Sneeuman-swem Sneeuman-swem
2022
Die Klein boek van mal modes Die Klein boek van mal modes
2022
Die Klein boek van skitterende speelgoed Die Klein boek van skitterende speelgoed
2022
Die Klein boek van skouspelagtige sport Die Klein boek van skouspelagtige sport
2022
Die Klein boek van hipercool hondetoertjies Die Klein boek van hipercool hondetoertjies
2022