Van sprokie tot tragedie in die kollig Van sprokie tot tragedie in die kollig

Van sprokie tot tragedie in die kollig

    • € 7,99
    • € 7,99

Beschrijving uitgever

Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak.

Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ’n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ’n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer.
In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?

GENRE
Non-fictie
UITGEGEVEN
2014
30 september
TAAL
AF
Afrikaans
LENGTE
176
Pagina's
UITGEVER
Penguin Random House South Africa
GROOTTE
757,6
kB