Omnibus 6 Omnibus 6

Omnibus 6

    • $16.99
    • $16.99

Publisher Description

Omnibus 6
Dit is my sesde omnibus van drie verhale:

René:
Vier jaar is baie lank, lewenslank, om 'n galeislaaf te wees. René se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrompel en as galeislaaf verkoop, op die aand wat René vir Wilmien Van Der Toorn wou vra om met hom te trou.
Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help onsnap, neem oom André hom aan as sy seun en word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om terug te keer en sy eiendom terug te kry en Pawels en sy trawante te laat boet.
Wilmien kan nie van René vergeet nie en besef later dat die lewe voortgaan. Sy raak na drie en 'n halwe jaar later aan Gerhardt verloof, want sy wil graag kinders hê. Gerhardt weet sy het steeds vir René lief. Hulle gaan op 'n ooreenkoms trou.
Wilmien is onmiddellik aangetrokke tot die jong graaf Moreau. Hy herrinner haar so baie aan René en krap haar gemoed om. Hy soen net soos René en hy dans net soos hy. Wanneer hy haar verlei, weet sy, sy wil eerder met hom trou.
Wanneer die jong graaf en Gerhardt bots, kom baie na die swaardgeveg kyk. Daar maak Wilmien 'n skokkende ontdekking en weet René is nou vir haar verlore. Hoekom is die lewe so wreed?
Sal hulle ooit bymekaar kan kom? Hoe gaan sy hom oortuig sy het hom lief, nie vir Gerhardt nie?

Elmien:
André De Lange verlaat sy ouerhuis op twee-en-twintigjarige ouderdom toe hy besef hy is 'n optelkind en sy broers beskou hom as 'n indringer.
Hy neem sy oorlede moeder se van, Rossouw, aan en neem hom voor om sy gewese familie te wys hy is nie 'n nikswerd nie. Hy verbreek ook sy verhouding met Hannelie toe hy besef slegs besittings en status is vir haar belangrik.
Hy gaan op see om 'n jong meisie van die lewe as haremslaaf te red en ontmoet die smeulende Angelique Pletkin, 'n Russiese skeepskaptein. Sy leer hom om 'n vrou te eer en hoe om haar te bemin.
Hy keer terug as 'n ryk man en koop die plaas onder 'n weduwee, Elmien Du Toit, uit. Hy stem saam met die eiendomsagent. Nie eers al gebruik hy sy verbeelding kan hy dink sy is mooi nie. Tog bekoor sy hom...... Hy onthou wat Angelique gesê het, in elke vrou skuil iets moois.

My broer se vrou:
As verhoorafwagtende is Jacques Du Preez platgeslaan teen die aarde. Niemand glo hom dat dit nie hy was wat die misdade gepleeg het nie. Hy staar tronkstraf in die oë. Sy vrou Loula skei van hom en Jacques is gebreek. Hoe gaan hy sy naam in ere herstel?
Dan ontmoet hy vir Tillie, sy broer se vrou.....
Sy is ouer as hy, maar sy is alles wat hy in 'n vrou wil hê. Hy sal nie toelaat dat iemand 'n haar van haar hoof beskadig nie.
Wanneer sy ontvoer word sal hy alles in sy vermoë doen om haar terug te kry. Niks is ongeoorloof nie. Geen wet sal hom keer nie.

Nota:
Hierdie versamelde werke van verskeie boeke, bevat tonele van seks en is nie geskik vir lesers onder sestien nie. Oorspronklik gepubliseer in slapband as ISBN 978-0-7961-4710-3.

GENRE
Fiction & Literature
RELEASED
2024
5 June
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
702
Pages
PUBLISHER
Johan Crous
SELLER
Draft2Digital, LLC
SIZE
1.9
MB

More Books by Johan Crous

Anton se Begeerte. Anton se Begeerte.
2015
Bianca Bianca
2024
Nicky Nicky
2024
Farao se Seun Farao se Seun
2021
Lekkerlees 2 Lekkerlees 2
2021
Lekkerlees 1 Lekkerlees 1
2020