Die Waarheid maak vry! Die Waarheid maak vry!

Die Waarheid maak vry‪!‬

    • USD 2.99
    • USD 2.99

Descripción editorial

In haar jongste publikasie, Die Waarheid maak vry!, breek dr. Leonie die drie sakramente (voete was, die nagmaal-sakrament en die doop) volgens Skriftelike perspektief vir die leser oop. Hierdie boek bevat nie net die antwoorde op soveel alledaagse vrae nie, maar ook kosbare juwele uit Die Woord wat jou geestelike groei sal verryk.

Daar word geen doekies omgedraai nie – die skrywer staan vir die waarheid en die waarheid alleen. Ditjies en datjies wat deur die Fariseërs en Wetgeleerdes ingestel is, kom aan die Lig sodat jy nie meer in die duisternis deur die slang mislei kan word nie. In die Lig kan jy SIEN!

'n Skeiding gaan in jou plaasvind met die lees van hierdie boek. Jesus het voorwaar die swaard gebring, sodat ons in absolute vryheid (en deur die oortuiging van Die Heilige Gees) 'n binnekamerverhouding met ons Hemelse Vader kan hê.

Dit is juis wanneer die waarheid van Die Woord aan jou geopenbaar word, dat alle mure van tradisie, opinies en ingestelde rituele inmekaar tuimel. Wanneer die waarheid van hierdie boek se boodskap in jou hart gekoester word, sal jy werklik Die Drie-Enige God se grootheid op 'n nuwe manier aanskou en Hom net soveel meer in gees en waarheid aanbid, loof en liefhê.

GÉNERO
Religión y espiritualidad
PUBLICADO
2020
4 de febrero
IDIOMA
AF
Afrikáans
EXTENSIÓN
117
Páginas
EDITORIAL
Leonie Pretorius
VENTAS
Draft2Digital, LLC
TAMAÑO
643.5
KB