Ek Onthou: Boek 1 Ek Onthou: Boek 1

Ek Onthou: Boek 1

    • USD 2.99
    • USD 2.99

Descripción editorial

Andri Nieuwoudt bring ’n reeks van onthou uit en nooi u uit om die pad saam met hom te loop wat hy geloop het: hy belowe jou hy sal jou nie verveel nie, want hy was anders, en die andersgeit is sy normaal.

Ek het saam met hom sy pad geloop en was verryk deur sy onthou. Ek haal sy onthou wat hy met ons deel aan: “Om te onthou is om dinge wat vergeet geraak het weer te laat lewe- is dit van enige nut? Die onthou wat uit die dieptes van die emosionele wegbêre plekke kom het gewoonlik 'n stimulus nodig om wakker te word uit die slaap- die drome word weer werklikheid voor die geestes oog en oortref gou die werklikheid want dis omhul deur 'n waas van heerlikheid. Die waas verdof dit in die verlede tot 'n vaagheid wat selfs met ietwat van 'n goue raam ook deelmaak van die onthou. Wat sal die onthou wees as jy nog steeds in die werklikheid sit?- daarom is die onthou veral lekker vir diegene wat nie meer daar is nie: jy sit weg van dit wat jy wil onthou -veral as dit met konkrete werklike aardse goed te doen het: onthou van 'n afstand maak die beeld tog mooier. Jy voel die warmte dorheid van die Oostewind teen die Weskus met minder felheid- die Suidewind stof raak jou nie, en net die sleepmis van die Weskus sit op jou vel, tong en in jou oë. Dis dan wat die gevoel van emosionele onthou inskiet en als mooi maak, selfs die dorheid en stof begin deel raak van die emosionele wentelbaan. En jy onthou als-ook die pyn en goedheid en hartseer en blydskap en ....pik 'n traan weg.

En jy dink en wil terug na was, maar wil ook nie.”
Hierdie reeks van drie boeke is leesstof wat jy weer en weer kan lees en elke keer met andersgeit verryk sal word.

GÉNERO
Biografías y memorias
PUBLICADO
2018
18 de julio
IDIOMA
AF
Afrikáans
EXTENSIÓN
240
Páginas
EDITORIAL
Malherbe Uitgewers
VENDEDOR
Draft2Digital, LLC
TAMAÑO
410.3
KB

Más libros de Andri Nieuwoudt

Ek Onthou: Boek 3 - Onthou om te onthou: Die reis duur voort Ek Onthou: Boek 3 - Onthou om te onthou: Die reis duur voort
2018
Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings
2018