Seep, skuim en skrop – natuurlike produkte vir jouself en die huis Seep, skuim en skrop – natuurlike produkte vir jouself en die huis

Seep, skuim en skrop – natuurlike produkte vir jouself en die huis

    • USD 7.99
    • USD 7.99

Descripción editorial

Nicole Seabrook wou haar eie, natuurlike produkte met ’n persoonlike stempel ontwikkel nadat sy as aromaterapie-student ’n werkswinkel vir natuurlike produkte bygewoon het. Haar doel om glad nie meer chemiese produkte in haar huis te gebruik nie was nogals uitdagend aangesien dit aanvanklik moeilik was om sekere bestanddele in Suid-Afrika te kry. Soos wat verbruikers egter meer bewus geraak het van giftige chemikalieë in huishoudelike skoonmaakmiddels en meer vervaardigers van skoonheidsmiddels natuurbewus geraak het, het hierdie bestanddele geredelik beskikbaar geraak in gespesialiseerde gesondheidswinkels en apteke. Nicole het die behoefte aan ’n boek , wat vir lesers wys hoe om hierdie produkte tuis, op ’n bekostigbare, maklike wyse te maak, identifiseer.

Seep, skuim en Skrop bevat meer as 100 maklike resepte wat vir die liggaam en die huis ontwikkel is. Daar is hoofstukke oor gesigsprodukte, haarprodukte, behandeling vir hande en voete, asook produkte vir kinders, babas en swangerskap. Nicole wys jou ook hoe om gliserien- en kouepers-seep te maak en bespreek die esoteriese olies en hul gebruik. QR (‘quick response’)-kodes word ingesluit met skakels tot Internet-videos waar die maak van die produkte gedemonstreer word.

GÉNERO
Salud, mente y cuerpo
PUBLICADO
2013
20 de noviembre
IDIOMA
AF
Afrikáans
EXTENSIÓN
160
Páginas
EDITORIAL
Penguin Random House South Africa
VENDEDOR
Random House Struik Pty Ltd
TAMAÑO
10.5
MB

Más libros de Nicole Seabrook