Ystervuis Uit Die See Ystervuis Uit Die See

Ystervuis Uit Die See

Hoogs Geheime Seewaartse Recce-Operasies (1978-1988)

    • USD 11.99
    • USD 11.99

Descripción editorial

Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkennings regiment tientalle klandestiene seewaartse operasies op vaartuie van die Suid-Afrikaanse Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, selfs binne die Suid-Afrikaanse Weermag.

Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waarin ’n operateur gesterf en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassiffiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Dié omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.

GÉNERO
Historia
PUBLICADO
2018
2 de mayo
IDIOMA
AF
Afrikáans
EXTENSIÓN
418
Páginas
EDITORIAL
Jonathan Ball Publishers
VENTAS
Perseus Books, LLC
TAMAÑO
6.2
MB