Kettie Kind
-
- USD 12.99
-
- USD 12.99
Descripción editorial
EK IS 'N KETTIE KIND.
Verskeie gewigtige kortverhale in die noot van jou ouers se gunsteling sokkie dans treffer op steroids.
My naam is Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt en ek is 'n Boere Punk. 'n Boere Punk, natuurlik, is iemand wat die gees van die bittereinder van oud uitleef in literatuur, op so 'n boeiende en kreatiewe manier, dat dit die leser vermaak, iets leer, en boonop nog sosiale kommentaar ook lewer. 'n Boere Punk gebruik genre fiksie op 'n radikale manier om sy leser te roer. Dit kan net so teer en mooi wees, as wat dit rof en onbeskof is.
Alles is tot jou beskikking om jou punt te maak, en niks is verbode nie.
Hoe sê hulle? 'n Boer maak 'n plan, maar 'n Boere Punk maak seker daar's iets om oor te lag daarby.
Jy mag my dalk like, maar jou moeder gaan my wil vet voer, skattebol.