Asem Asem

Publisher Description

Barries Barnard haat sy pa.

Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy wraak gaan neem.

Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bêre. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom ’n paar dae lank te laat krul van die pyn. Om hom terug te betaal vir al die kere wat hy dronk was. Die kere wat hy hom kleintyd geslaan het. Al die kere wat hulle moes trek. En omdat hy hom en sy ma net so gelos het. Sy pa gaan betaal vir die jare se vernedering. Hy sal betaal met pyn soos hy nog nooit in sy lewe geken het nie. Hy sal leer ’n mens spel “pyn” met ’n y soos ’n tweetandvurk. Maar ’n wilde partytjienag en ’n onderonsie met een van die mees berugte dwelmhandelaars in Gauteng dompel Barries se lewe onverwags in chaos. Hy en sy vriende ry ’n verkeerskonstabel om, terwyl hulle onder die invloed van drank en dwelms is. Skielik lyk dit of al sy pelle en selfs sy meisie teen hom draai. En die polisie gee Barries geen ander keuse nie – as hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op ’n plaas gaan bly, naby ’n Oos-Kaapse kusdorpie in die middel van nêrens. By sy pa. ’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Vervaardig en opgeneem deur BiB.Africa. Voorgelees deur Armand Aucamp.

GENRE
Kids & Young Adults
NARRATOR
AA
Armand Aucamp
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
05:41
hr min
RELEASED
2021
March 1
PUBLISHER
LAPA Publishers
SIZE
287.4
MB