Dubbelspel [Doubles] (Unabridged) Dubbelspel [Doubles] (Unabridged)

Dubbelspel [Doubles] (Unabridged‪)‬

    • 5.0 • 1 Rating
    • $11.99

    • $11.99

Publisher Description

Hulle is almal in die land. Die Italianers met hulle Mafia-verbintenisse, die Chinese triades, die Nigeriërs, die Russe, Koreane, Indiërs, die hele lot, en dan natuurlik nog die plaaslike ouens ook. Niemand is hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

Wilna Adriaanse se Dubbelspel is die eerste opwindende deel van ’n beplande tweeluik. 

Please note: This audiobok is in Afrikaans.

GENRE
Mysteries & Thrillers
NARRATOR
SB
Susanne Beyers
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
13:29
hr min
RELEASED
2019
May 20
PUBLISHER
Tafelberg
PRESENTED BY
Audible.com
SIZE
668.1
MB