Kantelpunt [Tipping Point] (Unabridged) Kantelpunt [Tipping Point] (Unabridged)

Kantelpunt [Tipping Point] (Unabridged‪)‬

    • $9.99

    • $9.99

Publisher Description

ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, 'n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag - sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy 'n histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar 'n vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen 'n ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees - die een met wie sý in vrede kan saamleef. 

Please note: This audiobook is in Afrikaans. 

GENRE
Fiction
NARRATOR
DvdW
Daneel van der Walt
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
13:30
hr min
RELEASED
2024
June 30
PUBLISHER
LAPA Publishers
PRESENTED BY
Audible.com
SIZE
626.1
MB