Kantelpunt Kantelpunt

Publisher Description

ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Vervaardig en opgeneem deur BiB.Africa. Voorgelees deur Daneel van der Walt.

GENRE
Fiction
NARRATOR
DvdW
Daneel van der Walt
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
13:30
hr min
RELEASED
2021
March 1
PUBLISHER
LAPA Publishers
SIZE
583.2
MB