Bloedsteen Bloedsteen

Publisher Description

<p>Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.
Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare tot ’n histerie op.
Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self ’n teiken.
Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.
Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.</p>

GENRE
Mysteries & Thrillers
RELEASED
2020
March 1
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
384
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
1.9
MB
One Fine Day One Fine Day
2021
Death Cup Death Cup
2018
Dead in the Water Dead in the Water
2016
Moordvis Moordvis
2016
Op ’n mooi dag Op ’n mooi dag
2021
Blood Stone Blood Stone
2020