Die Lucky Strike Die Lucky Strike

Die Lucky Strike

    • $7.99
    • $7.99

Publisher Description

Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte.

Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy is in sy element – die element van vrees.

Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook …

Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.

Met Die onaantasbares het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken.

Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huur-kontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.

GENRE
Mysteries & Thrillers
RELEASED
2017
July 2
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
224
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
986.6
KB
Laaste dans, Drienie Laaste dans, Drienie
2014
Mense van my asem Mense van my asem
2010
Die onaantasbares Die onaantasbares
2017
Vier briewe vir Jan Ellis Vier briewe vir Jan Ellis
2010
Die Kwesbares Die Kwesbares
2020
Steve Hofmeyr 50 Steve Hofmeyr 50
2014