Die Stellenbosch-Mafia Die Stellenbosch-Mafia

Die Stellenbosch-Mafia

'n Verhaal van mag, geld en invloed

    • $9.99
    • $9.99

Publisher Description

"Comrade president, Stellenbosch is 'n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie." – DIE EFF-LEIER JULIUS MALEMA AAN PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSA

Daar word bitsig na hulle as die "Stellenbosch-Mafia" verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik? Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as 'n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politieke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en

familieverbintenisse? Hy bied 'n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.

GENRE
Politics & Current Events
RELEASED
2025
January 31
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
288
Pages
PUBLISHER
Jonathan Ball
SELLER
Faber and Faber
SIZE
1.3
MB
The Stellenbosch Mafia The Stellenbosch Mafia
2019
The ANC Billionaires The ANC Billionaires
2022
The Dark Prince The Dark Prince
2025
The Super Cadres The Super Cadres
2024
Enemy of the People Enemy of the People
2017
South Africa Beyond Covid-19 South Africa Beyond Covid-19
2020