Grusaam Grusaam

Grusaam

Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het

    • $7.99
    • $7.99

Publisher Description

<p>In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in.
In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman André Stander ’n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en ’n moontlike mensehandelsaak raakgesien?
Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van dié interessante, grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerantopskrifte van gister.</p>

GENRE
Nonfiction
RELEASED
2015
October 1
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
240
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
13.6
MB
Total Onslaught Total Onslaught
2012
Gruesome Gruesome
2015
Black Widow White Widow Black Widow White Widow
2014
Kwart voor ’n bloedbad Kwart voor ’n bloedbad
2012
Totale Aanslag Totale Aanslag
2012