Katelknaap Katelknaap

Katelknaap

    • 5.0 • 1 Rating
    • $7.99
    • $7.99

Publisher Description

<p>Tristan Hansen is amper sewe-en-twintig, aantreklik en ’n engel van plesier: ’n gigolo waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal. Oor die liefdespel kan niemand hom iets vertel nie.
In sy luukse dakwoonstel in Maboneng reik sy herinneringe terug na die vroue wat hom as jong man gevorm en van genot geleer het. Dit was veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorp in Italië, waar hy hom kon loswikkel van die beklemming van sy ma wat hom ná sy pa se dood alleen grootgemaak het.
Maar Tristan word deur foonoproepe vol dreigende stiltes geteister en iemand hom hou dop. Terwyl sy verlede soos ’n Johannesburgse storm oor die horison aanrol, verlang hy terug na gelukkiger dae in Positano en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Nadat die blitsverkoper Die plesierengel twintig jaar gelede verskyn het, is Tristan Hansen terug soos duisende lesers hom sal onthou in Leon van Nierop se stomendste verhaal nóg.</p>

GENRE
Fiction & Literature
RELEASED
2018
February 8
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
272
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
964.8
KB
Bloedsuier Bloedsuier
2019
Toy Boy Toy Boy
2018
Die volmaakte moord Die volmaakte moord
2025
Snydokter Snydokter
2013
Insomnia Insomnia
2012
Verklikker Verklikker
2011