Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

Ongewone verhale uit ons verlede

    • 4.0 • 1 Rating
    • $8.99
    • $8.99

Publisher Description

Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie. Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis.

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat ‘n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf. Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur ‘n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir ‘n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het.

Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; ‘n Duitser wat ‘n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die “Boere-Tarzan” Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt.

Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem – sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel.

Max du Preez bewys wéér dat die geskiedenis interessanter – en meer pret – as fiksie kan wees.

GENRE
History
RELEASED
2010
November 5
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
320
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
1.2
MB

More Books by Max du Preez

A Rumour of Spring A Rumour of Spring
2013
Of Warriors, Lovers and Prophets Of Warriors, Lovers and Prophets
2010
Pale Native Pale Native
2011
Of Tricksters, Tyrants and Turncoats Of Tricksters, Tyrants and Turncoats
2010
Dwars Dwars
2010
Opinion Pieces by South African Thought Leaders Opinion Pieces by South African Thought Leaders
2012