Parool / Parole Parool / Parole

Parool / Parole

Versamelde Toesprake/Collected Speeches

    • ‏9٫99 US$
    • ‏9٫99 US$

وصف الناشر

Parool / Parole is ’n keur van sy toesprake wat steeds literêre, politieke en filosofiese vure aansteek. Elke redevoering – wat tussen 1968 en 2015 in Afrikaans en Engels by verskeie geleenthede regoor die wêreld gelewer is – skakel historiese momente in die ontwikkeling van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde met sleuteloomblikke in Breytenbach se loopbaan en lewe. So staan sy toespraak by die Sestiger-somerskool in 1973 uit as ’n waterskeidingsmoment vir Afrikaanse skrywers se benadering tot sosiale betrokkenheid in hul werk. In sy Rapportprys-aanvaardingstoespraak, in 1986, konfronteer Breytenbach Afrikaners kaalvuis oor hul instandhouding van ’n apartheid-polisiestaat. En wie sal Breytenbach se pleidooi in die Paleis van Justisie in 1975, waar hy hom wend tot die regter wat hom uiteindelik tronk toe sou stuur op aanklag van terrorisme, kan vergeet? Die onlangse huldeblyk by André P. Brink se gedenkdiens in Kaapstad bevestig weer eens die skrywer se verbintenis tot sy ambag, en hoe ’n sin vir moraliteit sy kreatiewe uitset omraam. Die toesprake in Parool / Parole, waarvan heelparty nog nie voorheen gepubliseer is nie, verskaf waardevolle insigte in die denkwêreld van ’n grensverskuiwende woordkunstenaar

النوع
سير ذاتية ومذكرات
تاريخ النشر
٢٠١٥
١ أكتوبر
اللغة
AF
الإفريقانية
عدد الصفحات
٢٢٤
الناشر
Penguin Random House South Africa
البائع
Random House Struik Pty Ltd
الحجم
٧٩٠٫٦
ك.ب.
Intimate Stranger Intimate Stranger
٢٠٠٩
Mouroir Mouroir
٢٠٠٩
Voice Over Voice Over
٢٠١٠
All One Horse All One Horse
٢٠٠٨