Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand

Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand

    • 5.0 • 1 Rating
    • $8.99
    • $8.99

Publisher Description

Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in ’n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Lê hy dood iewers in ’n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Die antwoord op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwêreld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.

GENRE
Nonfiction
RELEASED
2018
June 1
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
192
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
13.2
MB

More Books by Izak du Plessis