Sorg Sorg

Sorg

    • US$5.99
    • US$5.99

출판사 설명

Sorg is ’n historiese roman, geskryf in die genre van magiese realisme. Die verhaal begin by die Skepping, toe die Khoi en San die koddige volstruis uitlag. Die Khoi skets die mitiese Groot Volstruis teen die muur van ’n grot in die Swartberge en die Groot Volstruis sweer wraak teen die mensdom wat hom gespot het. Die Groot Volstruis blaas sy giftige asem oor die Oudtshoorn-distrik van die negentiende eeu en dit tref veral vir Hendrik van der Westhuizen, volstruisveerbaron op sy plaas Sorgniet. Hendrik is getroud met die vooraanstaande Isabella Fourie, maar hy is verknog aan die bediende Eva Damon. Hendrik klou vas aan die patriargale gebruik dat ’n man vir sy vrou moet sorg, en Eva glo aan die Khoi en San se geloof dat Afrika self vir haar kinders sorg. Die Groot Volstruis gebruik die wind om oorlogswinde aan te waai en die volstruisveerbedryf word met ’n magtige vlerkslag vernietig, maar die Khoi- en Sangeeste dans steeds in die maag van die Kangogrotte. Hendrik se nasate by Isabella en Eva oorleef die Boere-oorlog, die Wêreldoorloë en Distrik Ses, en die leser volg hulle voetspore tot by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waar die nasate weer met mekaar en met die onthutste spoke van die Volstruisveerera kennis maak. Teen die agtergrond van ongekende rykdom van die Volstruisveerera ontvou ’n sage van liefde, verraad, gierigheid, haat en vergifnis wat die karakters selfs ná hulle dood nog vasvang, in hierdie debuutroman deur dr. Micki Pistorius, forensiese profielsamesteller en skrywer van die opspraakwekkende Skimme in die skadu: Reeksmoorde - ’n Profielsamesteller se ware verhaal.

장르
소설 및 문학
출시일
2012년
10월 3일
언어
AF
아프리칸스어
길이
199
페이지
출판사
Penguin Random House South Africa
판매자
Random House Struik Pty Ltd
크기
6.4
MB
Catch Me a Killer Catch Me a Killer
2023년
Profiling Serial Killers Profiling Serial Killers
2012년
Fatal Females Fatal Females
2012년
Strangers On The Street - Serial homicide in South Africa Strangers On The Street - Serial homicide in South Africa
2012년
Skimme in die Skadu - Ware verhale van reeksmoordenaars Skimme in die Skadu - Ware verhale van reeksmoordenaars
2012년