Anders Anders

Anders

    • $6.99
    • $6.99

Publisher Description

Veearts Karlia Roux is anders. Nie omdat sy 'n vrou is en 'n veearts is nie—ook nie omdat sy die dogter is van een van die mees welgestelde mense in Suid-Afrika nie. Nee, sy is anders omdat sy kan doen wat meeste ander mense nie kan nie. Sy is 'n Empaat met ’n uitgebreide talent vir beide mens en dier. Karlia leef al daarmee saam vandat sy 'n kleuter is en alhoewel dit moeilik is, funksioneer sy goed genoeg in die normale samelewing.

Wanneer hierdie talent egter verder ontwikkel en sy skielik mense se gedagtes ook kan lees, vrees sy dat die samelewing haar in 'n gestig gaan opsluit soos wat met haar ma gebeur het. Daarvoor sien sy nie kans nie en sy vlug na 'n afgeleë plaas in die Kalaharie waar niemand haar ken nie en menslike kontak beperk is.
Karlia het egter nie rekening gehou met die lastige maar aantreklike buurman, Armand Perez nie. Ten spyte van sy arrogansie dra Armand sy eie donker geheim rond wat hy ten alle koste moet beskerm—al beteken dit dat hy die lewe vir sy nuwe buurvrou ondraaglik moet maak.

Wanneer Karlia egter vreemde diere op die plaas begin sien en met sodanige diere begin praat, besef sy dat sy nooit weer in normale samelewing sal aanpas nie. Maar dinge is nie so eenvoudig nie en haar eie familie en kwesbare hart dwing haar om 'n keuse te maak tussen wat haar hart wil hê en oorlewing.

GENRE
Romance
RELEASED
2016
15 February
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
365
Pages
PUBLISHER
Yolande Pienaar
SELLER
Draft2Digital, LLC
SIZE
557.8
KB

More Books by Yolande Pienaar

Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition) Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)
2011
Katelknaap vir Carlien Katelknaap vir Carlien
2012
Speelgoed Speelgoed
2013
Omnibus 1: Katelknaap vir Carlien & Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition) Omnibus 1: Katelknaap vir Carlien & Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition)
2014