Dol heuning Dol heuning

Dol heuning

    • $14.99
    • $14.99

Publisher Description

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In ’n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se on­geregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic sluk ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n poel vol gloeiende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.

GENRE
Fiction & Literature
RELEASED
2020
March 10
LANGUAGE
AF
Afrikaans
LENGTH
240
Pages
PUBLISHER
Penguin Random House South Africa
SELLER
Random House Struik Pty Ltd
SIZE
2.5
MB

More Books by S J Naude

Die derde spoel Die derde spoel
2017
Alfabet van die voëls Alfabet van die voëls
2011
The Third Reel The Third Reel
2018
The Alphabet of Birds The Alphabet of Birds
2014