Lokval Lokval

Lokval

    • € 9,99
    • € 9,99

Beschrijving uitgever

<p>Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy ’n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy ’n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig?

G’n wonder sy gaan tydelik terug polisie toe nie. Natuurlik betrek sy Blackie, Henk en Stella ook, maar dis nie sonder komplikasies nie. Haar span is dieper geraak deur die verlies van hul kollegas as wat hulle self besef.

Boonop kom die skerpskutter terug wat hulle voorheen gehelp het. Maar is hulle vriend of vyand? Hoekom word die name van mense, onmiskenbaar op ’n moordlys, so meedoënloos afgetik deur iemand met ’n koel kop en peperduur smaak in whisky?

Vir Nicci voel dit of die roesagtige reuk van bloed haar agtervolg. En een slagoffer is wreder en meer obseen gemartel as die ander.

Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan.

Hulle opdrag is: vlek ’n internasionale sindikaat oop.

Daarom moet hulle ’n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?</p>

GENRE
Detectives en thrillers
UITGEGEVEN
2023
3 januari
TAAL
AF
Afrikaans
LENGTE
208
Pagina's
UITGEVER
Penguin Random House South Africa
PROVIDER INFO
Random House Struik Pty Ltd
GROOTTE
862,9
kB
Jagter Jagter
2019
Grietjie se loutering Grietjie se loutering
2023
Slaafs Slaafs
2016
Troos vir die gebrokenes Troos vir die gebrokenes
2011
Vuilspel Vuilspel
2013